landbousektor voorsorgfonds
voorsorgfonds | plaas arbeiders| landbou voorsorgfonds| landbousektor voorsorgfondsHome > Provident Funds >- Landbousektor Voorsorgfonds
‘N UNIEKE VOORSORGFONDS VIR DIE LANDBOUSEKTOR GEADMINISTREER DEUR ABSA KONSULTANTE EN AKTUARISSE

Die unieke Voorsorgfonds wat
aftree- uitdienstrede-, sterfte- en begrafnisvoordele
bied aan plaasarbeiders en ander werknemers
in die Landbousektor in 'n enkele pakket.
Absa Konsultante en Aktuarisse in samewerking met georganiseerde landbou, bied 'n Voorsorgfonds aan wat deelnemende werkgewers in staat stel om aftree-en risikovoordele aan werknemers te bied. Hierdie fonds se administrasie, advies en aktuariële diens word gedoen deur Absa Konsultante en Aktuarisse, en die bestuur van die fonds word gedoen deur 'n Raad van Trustees, met verteenwoordiging deur Absa, AGRI SA, LWO, TLU, asook onafhanklike Trustees.
Voordele vir die Werkgewer en sy Werknemers
- ‘n Enkel bydrae dek die totale voordeelpakket.
- Die aanspreeklikheid van die werkgewer ten opsigte van sy werknemers word aansienlik verlig.
- Dit bied gemoedsrus aan werknemers.
- Die opgelope voordele van lede is oordraagbaar vanaf een werkgewer na die volgende.
Sterftevoordeel
By afsterwe van die lid sal die sterfte- en begrafnisvoordeel volgens die gekose plan aan die lid se afhanklikes betaal word. Die totale waarde van die lid se spaarkomponent soos op die dag van afsterwe word ook aan die lid se afhanklikes betaal in ‘n kontant enkelbedrag (onderhewig aan belasting).
Aftreevoordele
By aftrede sal die lid geregtig wees op die totale waarde van sy/haar spaarkomponent soos op die dag van aftrede. Hierdie waarde sal in ‘n kontant enkelbedrag uitbetaal word (onderhewig aan belasting). Die lid kan op enige stadium tussen 55 jaar en 70 jaar aftree.
Indien geen eisvorms ontvang word nie, sal die geld na die onopgeëiste rekening oorgeplaas word.
Uitdienstredingsvoordeel
By diens verlating voor aftrede, sal die lid geregtig wees op die totale waarde van sy/haar spaarkomponent soos op die laaste dag van diens. Hierdie waarde sal in ‘n kontant enkelbedrag uitbetaal word (onderhewig aan belasting). Die lid word ook die keuse gebied om die totale waarde van sy/haar spaarkomponent oor te plaas na ‘n nuwe deelnemende werkgewer in die fonds of om die totale waarde na ‘n bewaringsfonds oor te plaas. Op versoek van die lid, mag die waarde ook in die fonds gelaat word tot bereiking van die normale aftree ouderdom.
Indien geen eisvorms ontvang word nie, sal die geld na die onopgeëiste rekening oorgeplaas word.
ander voordele
- Lidmaatskap
Elke werkgewer besluit tot watter plan hy of sy wil behoort. - Belasting
Die versekerde sterfte- en begrafnisvoordeel word onder ‘n aparte skema verseker en hierdie premie word met na-belaste geld betaal. - Administrasie
Die fonds word deur ABSA Konsultante en Aktuarisse geadministreer en jaarliks deur onafhanklike ouditeure geoudit. - Beleggings
Die gedeelte van bydraes wat beskikbaar is vir aftreebefondsing (spaarkomponent) word in toepaslike portefeuljes van welbekende beleggingsbestuurders belê om te verseker dat lede se spaarkomponent blootgestel word aan groei, met beperkte risiko’s. - Eienaarskap
Elke werknemer is dus eienaar van sy/haar eie beleggingsrekening. - Voordeelstruktuur Ten einde voorsiening te maak vir verskillende behoeftes, word verskillende voordeelplanne aangebied.
Kliek hier vir meer inligting: Landbousektor Voorsorgfonds
nuwe planne op die Landbousektor Voorsorgfonds vanaf
1 JULIE 2016 tot 30 junie 2017
Landbousektor Voorsorgfonds
Ten einde voorsiening te maak vir verskillende behoeftes, word verskillende voordeelplanne aangebied. Dit kan later na gelang van die behoefte, en die effek van inflasie, uitgebrei word. Die voordeelstrukture word in die volgende tabel uiteengesit. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Plan | Plan A1 |
Plan A2 |
Plan B |
Plan C2 |
Plan D |
Plan E |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Bydrae | R121.00 |
R121.00 |
R140.00 |
R158.00 |
R185.00 |
R317.00 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sterftedekking | - |
R12 500 |
R12 500 |
R15 000 |
R17 500 |
R30 000 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Enkelbedrag ongeskiktheid | - |
- |
- |
- |
R17 500 |
R30 000 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
B
E
G
R
A
F
N
I
S
Lid |
- R10 000 R12 500 R12 500 R15 000 R20 000 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Gade | - |
R10 000 |
R12 500 |
R12 500 |
R15 000 |
R20 000 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kind 14-21 Jaar | - |
R10 000 |
R12 500 |
R12 500 |
R15 000 |
R20 000 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kind 6-13 Jaar | - |
R5 000 |
R6 250 |
R6 250 |
R7 500 |
R10 000 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kind 0-5 Jaar | - |
R2 500 |
R3 125 |
R3 125 |
R3 750 |
R5 000 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Min totale koste | R18.14 |
R57.64 |
R64.22 |
R68.75 |
R84.54 |
R124.31 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Netto aftreevoorsiening | R102.86 |
R63.36 |
R75.78 |
R89.25 |
R100.46 |
R192.69 |
Plan A: Belegging alleen
Bydraes en aparte groepskemastrukture vanaf 1 Julie 2016 tot 30 Junie 2017
Bydraeplanne
- Die planne wat gekies word kan verskil van een werknemer na die volgende. Die planne kan ook voortdurend hersien en aangepas word. Die wysiging sal alleenlik geskied nadat die administratiewe kantoor voor die 20ste van elke maand skriftelik daarvan in kennis gestel is.
- Die werkgewer en werknemer kan self besluit watter plan geskik is vir elke individuele werknemer. Van die werknemers kan dus planne met basiese voordele kies en ander werknemers kan weer planne met meer omvattende voordele kies, waarna dit ooreenkomstig geïmplimenteer sal word.
- ‘n Werkgewer hoef nie al sy werknemers by dieselfde plan in te skakel nie.
- Werknemers mag ook addisionele bydraes tot die fonds maak vir addisionele aftreebefondsing.
ek wil dié tabel druk
Kliek hier vir meer inligting: Landbousektor Voorsorgfonds
Top - Home